Drie beertjies

Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die tafel, en hy kyk na sy klein papbordjie…

 

"Wie't my pappies geëet?", vra hy in 'n huilerige stemmetjie.

 

Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy groot papbord, en ook die is leeg.

 

"Wie de duiwel het my pap geëet!" vra hy in 'n bulderende stem.

 

Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer.

 

Haar gesig lyk soos 'n hoëveldse donderstorm.

 

"Genugtig, hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses gaan?

 

Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het.

Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het.

Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.

Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan haal.

 

Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.

Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks skoongemaak het.

Dit was Mammabeer wat die kat en die pappegaai kos gegee en versorg het.

En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle TV-kykery gisteraand".

 

"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte ondertoe te sleep en Mammabeer se kombuis met julle befoeterde teenwoordigheid te kom vereer, moet julle nou mooi luister, en goed luister, want ek gaan dit nie weer sê nie…"

 

"Ek. Het. Nog. Nie. Die. Fokken. Pap. Gemaak. Nie!!!"

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *