Hoekom n “box” ‘n “boks” is

'n Bietjie Afrikaanse opvoeding op hierdie dag. Oorvertel as die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die waarheid!!!

Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal vergader.

Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste rugbyspan geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories bang gemaak – nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgele kan word nie.

Hy betuig verder sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise teen die skool teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die klaskamers rook nie.

Op die verhoog staan daar twee kartondose.

In hierdie kartondose is daar Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis die ouens wat Bybels in hotelle ens. plaas) aan die skool geskenk is.

Die idee is om vir alle kinders wat nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee.

Omdat hierdie nogal 'n noemenswaardige gebaar is, het twee van die Gideon mense na die Skool gekom om die Bybels te oorhandig.

Die twee sit so half eenkant – weg van die onderwysers af.

Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op na die kinders, en sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee Gideon mense se kant toe en se:

"Julle wonder seker wat hierdie twee dose op die verhoog doen?"

Nodeloos om te se die volgende oomblik het chaos uitgebars en die onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite werd vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle telkens uitgebars het van die lag. Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry nie en die twee dose met Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor verskuif.

N.S.Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie!

Ons het die woord al te veel verniel in Afrikaans.
 

Hoe om n babelaas beter te maak

Om hangovers tefight is actually heelwat makliker as wat mens sou dink. Daar's gewoonlikeen goue reël wat feitlik altyd effektief is.

Moenie drink nie.

Die probleme ontstaan as mens die rëel 'n fokken vetignore kap.
Moeilikheid.
Dus, as jy per abuis reël een oortree, verwys dadelik na reël twee.

Moenie te veel drink nie.

Een word twee, al die ure word happy, lelik word mooi,en twee word een (partykeer sommer op die agterseat).
Steeds is als nie verlore nie.
In tye van transgressie, verwys spoedig na reel drie.

Moenie jou drankies meng nie.

Check alle drankies gaan eventually na dieselfde plektoe, maar net soos in 'n bar meen dit nie altyd almal smaak mekaar nie.

Inteendeel, jy sal vind dis presies hierdie tipemengelmoes wat gaan maak dat jy suffer

Sit neer daai shooter, cowboy.

Teen die tyd dat jy reel drie oortree het is jy klaargefok. Sonder om eers jou broek af te trek.
Dan ewe skielik is dit twee-uur, jy vreet 'n Garage pie oppad huis toe,
en worry oor die moontlikheid van 'n evil hangovertjie wat dalk onder joubed vir jou wag.

Slaap soveel as wat jy kan .

Fokken wil mos.
Lekker rëels breek.
Lekker breker.
Wie's nou smart?
Ouens wat hier uitkom het obviously nie gefokken luister nie en sit nou metdie full-blown, fokken hangover.
Nou moet jy maar slaap pel, en baie ook.
Nog bietjie. Daa'sy.
Trek hom bersie oor hom koppie.

Suip baie water.

Party Moegoes reken sommer die aand wat jy van die jol afkom.
Maar dis bietjie moeilik as jy ingedra word en wakker word met Kots opjou hemp.
Kry vir jou 'n lekker laaang beker water en drink daarvan soveel en sovinnig as wat jy kan.
Kom, jy't mos gewys jy kanbaie drink.
Jy's mos die fokken mek van die plek.
Sluk! Sommer vier Grandpa's ôk.

Eet iets.

Op die stadium is jou lyf hoogs die bliksem in vir jou.
Jy het nie mooi gemaak met jou lyf nie.
Uh-uh. Nou moet daar fokken mooi broodjies gebak word, en een ding wat joulyf verstaan is eetbare bederfies.
As jy rerig wil fokken brownie punte score, skiet vir iets gesonds – even'n slaaitjie. As jou lyf kon het hy/sy jou op die rug geklop.

Party ouens reken mens moet 'n rou eier eet. Al waarvoordit werk is om jou te laat verder kots, en as jy gelukkig is nog salmonella ookte kry. Fokken smart Parra!, nou't jy salmonella en 'nhang-over.

Dom Doos.

Vat 'n shower of 'n bad.

Nou hierdie rëel help beide vir jou asook die mensegeaffekteer deur jou second-hand hangover ..
D.w.s. die arme swape wat jou asem en stink holtes ruik na die aand uit.
Voel bietjie daai wol oor jou tanne?
Hoe dink jy ruik dit vir ander?
Presies.
Hou op 'n aap wees en vat 'n stort.

Trek iets gemaklik aan.

Official hangover wear is pejaamies of sommer 'n ousweetpak met Stou-kies en 'n T-shirt.
Jy wil nie deal met goed wat jou skaaf of knoppe platdruk nie.
Sag en lelik is die wagwoorde hier.

Vat dit rustig.

Drop die blinds, kry 'n bottel Coke, bietjie Nando's enloop rent 'n DVD of twee .
Skuif nou voor die TV in met die remote en relax.

Dit gaan 'n fokken laaaang dag wees.

 

Tandarts

Ou tannie gaan tandarts toe. Sy klim op die stoel en maak haar bene oop.

Tandarts effens verbaas: "Tannie ek dink jy is by die verkeerde dokter…"

Tannie: "Shut up!! Haal die oom se tanne uit!"

Drie beertjies

Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die tafel, en hy kyk na sy klein papbordjie…

 

"Wie't my pappies geëet?", vra hy in 'n huilerige stemmetjie.

 

Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy groot papbord, en ook die is leeg.

 

"Wie de duiwel het my pap geëet!" vra hy in 'n bulderende stem.

 

Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer.

 

Haar gesig lyk soos 'n hoëveldse donderstorm.

 

"Genugtig, hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses gaan?

 

Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het.

Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het.

Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.

Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan haal.

 

Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.

Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks skoongemaak het.

Dit was Mammabeer wat die kat en die pappegaai kos gegee en versorg het.

En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle TV-kykery gisteraand".

 

"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte ondertoe te sleep en Mammabeer se kombuis met julle befoeterde teenwoordigheid te kom vereer, moet julle nou mooi luister, en goed luister, want ek gaan dit nie weer sê nie…"

 

"Ek. Het. Nog. Nie. Die. Fokken. Pap. Gemaak. Nie!!!"

Gammat

Sielkundige vra vir Gammat : Kyk jy vir jou vrou se gesig gedurende seks.

"Ek het eenkeer en sy het redelik de moer in gelyk."

"Hoe dan so?"

"Sy het by die venster ingeloer."

 

*************

 

Gammat verdrink in 'n wynvat op die plaas. Regter vra of hy dadelik

verdrink het.

Getuie, "Ny djou honor, hy't 2 maal uitgeklim om te pee".

Kroeskoppie

Antie Joan is innie shower toe die deur klokkie lui, sonder om te dink spring sy uit en halloep trappe af (kaalgat, want daar's niemand by die huis nie)

Toe sy by die voordeur kom , loer sy deerie loergatjie, maar oppie selle tyd buk die debt collector af en loer deur die posgat en vra toe " kroes koppie waas jou ma?"

Verkoopsman

'n Verkoopsman wat van deur tot deur loop klop aan die soveelste deur.
'n Seuntjie, so ag jaar oud, maak die deur oop. Hy het sykouse aan met bypassende kousophouers. In sy een hand is 'n Martini en in die ander 'n vet sigaar.
"Is jou mammie tuis boeta?" vra die verkoopsman.
Die seuntjie kyk stip na hom vir twee sekondes en antwoord stadig: "Lyk dit fokkin so?"

Etiket vir Tappits

ALGEMEEN

1. Moet nooit bier saam vat na 'n job interview nie.
2. Probeer eers uitvind wie die mense in jou jaard is voor jy begin skiet.
3. Die dominee smaak dit nie as jy 'n cooler box saam vat kerk toe nie.
4. As jy die bed moet stofsuig is dit tyd om ander lakens op te sit.
5. Selfs al is jy seker jy is ingesluit in die testament, moenie jou Venter saam sleep na 'n begrafnis toe nie.

UITEET

1. As jy wyn skink, tilt die paper cup sodat jy nie die "vrug" van die wyn bederf nie.
2. As jy uit die bottel uit drink, hou hom so vas sodat jou vingers die label toehou.

ONTHAAL IN JOU HUIS

1. Moenie jou geliefde opgestopte hamster/kat/hond/aap op die koffietafel sit nie.
2. Moenie dat jou hond van die tafel af eet nie (al is sy maniere beter as jou gaste s'n).

PERSOONLIKE GESONDHEID

1. Terwyl ore gereeld moet skoongemaak word, is dit 'n job wat verkieslik met jou eie bakkiesleutels gedoen moet word.
2. As jy toiletware reg gebruik kan jy 'n paar dae gaan sonder 'n wassie.
3. Grond en olie onder jou vinger naels is 'n social nee, want dit gee daai finger snacks 'n snaakse smaak en cherries laaik dit nie so kwaai nie.

VERHOUDINGS (buite die familie)

1. Bied altyd aan om die aas aan jou goose se hoek te sit, veral met die eerste date.
2. Wees aggressief. Laat weet haar jy wag al twee jaar om met haar uit te gaan nadat jy daai goed gelees het teen die toilet muur daar by die jol plek.
3. Maak seker jy vind uit by haar ma-hulle wanneer sy by die huis moet wees. Party sal sê 10-uur, ander "Maandag". As die antwoord Maandag is, is dit jou job om te sorg dat sy betyds by die skool is.

FLIEK

1. Huilende babas moet verkieslik na die voorportaal gevat word en onmiddellik na die show gehaal word.
2. Moenie met die mense op die screen probeer praat nie. Jarelange wetenskaplike navorsing het bewys dat hulle jou nie kan hoor nie.

TROUES

1. Kleinvee is nie so 'n hot trougeskenk nie.
2. As jy die bruid langer as 5 sekondes soen, kan jy miskien geskiet word.
3. Vir die bruidegom: Huur 'n tux; 'n corduroy broek en T-shirt met 'n cummerbund werk nie so lekker nie. Stofepipes is ook uit.
4. Al is dit moelik, sê maar ja vir sokkies en skoene (al is dit dan net vir die kerk).

BESTUUR

1. Dim jou ligte as 'n kar van voor af kom, al is jou gun gelaai.
2. As jy by 'n 4-way stop kom, ry die ou met die grootste wiele eerste, daarna die ou wie se exhaust die hardste raas.
3. Moet nooit 'n ander blaar se kar tou met pantyhose en duct tape nie.
4. As jy jou vrou/goose met 'n kannetjie stuur om te gaan petrol haal, is dit swak maniere om haar te vra om bier ook terug te bring.
5. Moenie spin as jy in 'n begrafnisstoet ry nie.