Hoekom n “box” ‘n “boks” is

'n Bietjie Afrikaanse opvoeding op hierdie dag. Oorvertel as die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die waarheid!!!

Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal vergader.

Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste rugbyspan geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories bang gemaak – nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgele kan word nie.

Hy betuig verder sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise teen die skool teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die klaskamers rook nie.

Op die verhoog staan daar twee kartondose.

In hierdie kartondose is daar Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis die ouens wat Bybels in hotelle ens. plaas) aan die skool geskenk is.

Die idee is om vir alle kinders wat nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee.

Omdat hierdie nogal 'n noemenswaardige gebaar is, het twee van die Gideon mense na die Skool gekom om die Bybels te oorhandig.

Die twee sit so half eenkant – weg van die onderwysers af.

Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op na die kinders, en sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee Gideon mense se kant toe en se:

"Julle wonder seker wat hierdie twee dose op die verhoog doen?"

Nodeloos om te se die volgende oomblik het chaos uitgebars en die onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite werd vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle telkens uitgebars het van die lag. Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry nie en die twee dose met Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor verskuif.

N.S.Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie!

Ons het die woord al te veel verniel in Afrikaans.
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *