Braai Etiket

FOKUS MENSE, FOKUS!

1. Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. ‘n Braai is ‘n ernstige ding, benader dus jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter amper familie. Jy het hom immers meer gesien as jou dokter.

Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik. Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis is. As ‘n ding goed verpak is dan lyk hy mos gaaf genoeg om te braai. Kak man! So, as jy nie vleis ken nie, vra
jou slagter.

Continue reading Braai Etiket

Jonas gaan vir sy lisensie

Jonas gaan vir die hernuwing van sy Swaarvoertuig Bestuurderslisensie.

TOETSBEAMPTE: Goed Jonas, kom ons toets jou algemene kennis – Jy ry teen ‘n afdraend af en voor jou is ‘n ander vragmotor, Jy wil verby gaan – Wat doen jy ?

JONAS: Is reg, Mener. Ek kyk hom die left mirror, die pad is skoon, dan kyk hom die right mirror, die pad is skoon – Dan ek slaan die indicator, trap die petrol, kom buitekant, ek gaan verby.

TOETSBEAMPTE: Toe jy nou so besig is om verby te gaan, kom daar ‘n ander vragmotor van voor af, Wat doen jy dan?

JONAS: Is nie mulakeit nie, Mener, weer ek check die left mirror, es skoon, kyk die right mirror, es skoon, dan sit hom die indicator to the left, vang biekie briek, dan steek ek die neus agter die ander lorry in.

TOETSBEAMPTE:  Raait, maar toe jy nou in die spieel kyk, het ‘n ander trok van agter die gaping toegemaak, Wat maak jy nou ?

JONAS: Aitsa bra, Dan maak ek mar my assistant Petros wakker.

TOETSBEAMPTE: Nou hoekom wil jy vir Petros wakker maak?

JONAS: Ek,  ek dink nie Petros hy het al so moerse ongeluk gasien nie.

Hoeveel hasies?

Onderwyser: As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee hasies en nog twee, hoeveel sal jy he?
Jannie: Sewe, meneer.
Onderwyser: Nee, luister mooi. As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie: Sewe.
Onderwyser: Kom ek stel dit anders. As ek vir jou twee appels gee, en nog twee en nog twee, hoeveel appels sal jy hê?
Jannie: Ses.
Onderwyser: Mooi so. Nou as ek vir jou twee hasies gee en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie: Sewe!
Onderwyser: Hoe de m0er kom jy by sewe uit?
Jannie: Ek het ‘n  f0kken hasie by die huis.

Ek het my Afrikaanse eksamen gedop

Hulle het my die volgende gevra:

1. Waarvoor word beesvelle gebruik?om die bees binne te hou

2. Wat is outobiografie?dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar

3. Noem 5 dinge wat melk bevat?kaas, botter en 3 koeie

4. Wat is die verlede tyd van eet?Honger

5. Wat is die verkleinwoord van Oupa?Kleinseun

6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?kleinteef

7. Wat is die doel van die kies- en oogtande?die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerkgoed doen.

8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas…hoe groter haaspastei

9. Wat is die meervoud van kabeljou?kabeljulle

10. ‘n Sin met “ter aarde bestel…””Wie op ter aarde bestel so ‘n groot koek?”

11. Formule vir ‘n sirkel se omtrek:”paai straal kordaat”

12. Wat is teenoorstaande hoeke?Hoeke wat vir mekaar kyk

13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf?Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.

14 . Wat is ‘n terminale siekte?As jy op die lughawe siek word!

15. Vertaal in Afrikaans: “I beg your pardon?”HuH?

16 . Wat noem ons iemand wat velle looi?Onderwyser

17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel?Pepermenttande