Etiket met Afrikaanse Sangers

Hoe om korrek op te tree wanneer jy jou gunsteling Afrikaanse ster ontmoet:

Indien u Jurie Els raakloop, sal u hom dadelik herken. Hy sal langs 'n afgetrede atletiese figuur loop. Onthou, Jurie sal die korter, gegrimeerde een wees van die twee. Hy hang gewoonlik by vlooimarkte en supermarkte rond, veral waar daar jong seuns is.  Hy hakkel blykbaar van bef0ktgeid as jy hom aanspreek as SA se eie Supermark sanger. Hy is laas gesien in Aukland met 'n T Hemp wat sê:" Wie's jou f0kken Oom"

Wees taktvol wanneer u die sangeres Juanita du Plessis ontmoet. Sy is wel 'n gewilde Afrikaanse ster, maar het nog nie die taal onder die knie nie.  Gebruik klanke soos yoi-yoi en patti-patti indien u met haar wil kommunikeer.

Die jong talent Nadine sal aanstoot vind, indien u haar vra "Wanneer hou jy op?". Onthou, swak smaak verskil.

Indien u ons eie "loslappie" Kurt Darren ontmoet, kan dit tot ongemaklikheid lei indien u te lank staar na sy gesig. Vergewis uself van die feit dan sommige manne ook partykeer grimering dra.

As u Johan Stemmet raakloop, komplimenteer hom omdat hy baie lanklaas 'n musiek-CD vrygestel het. Die kleurvolle onderbaadjie wat hy aanhet, veral in lewende lywe, mag aanleiding gee tot braking, maar dit is ongeskik om dit voor hom te doen. Doen dit liewer binnemonds. Indien u sukkel, oefen solank deur aanhoudend na die liedjie "Pappa se dogtertjie" te luister.

Indien u 'n ongetroude man is tussen twintig en vier-en-tagtig, sal ek aanraai om liewer nie die geselskap van Sunette Bridges op te soek nie.Geen ordentelike, Calvinistiese man moet tot sulke laagtes daal nie.

Wanneer u die gewilde minnesanger Dozi raaksien, kyk op… anders sal hy jou nie sien nie. Maak seker u spreek die "z" korrek uit. Dit is slegte smaak om hom uit te vra oor hoekom sy asem so stink.

Indien u Steve Hofmeyr raakloop, moenie vra vir 'n acapella weergawe van sy treffer "Pampoen" nie – hy mag dit dalk net doen. Indien u tussen die ouderdom van tien en vyf-en-twintig is, mag Steve aanstoot neem indien u vra vir 'n speekselmonster aangesien u dink "hy is jou pappa". As jy 'n gym instrukteur of 'n joernalis is, vermy hom.

Indien u die opkomende talent Robbie Klay ontmoet, vlei hom dat hy sy "mullet" afgesny het. Dit is nie baie goeie smaak om vir iemand onder die ouderdom van twintig te vra hoeveel ongehude kinders hy het nie.  Moet hom ook nie vra wie sy "Oom" is nie of hoeveel Huisgenoot hom per uitgawe betaal nie.

Dit is uiters ongemanierd om in gesprek met die operaster Manuel Escorsio, die woorde ""Porra" en "Is dit jou kafeedaai?" te gebruik.

Indien u die Groep 2 sanger en Wielie Walie aanbieder Gert van Tonder raakloop, sal dit onvanpas wees om te vra of hy enigiets te doen gehad het met die gay kouse wat so in en uit die kas was op die stel van Wielie Walie.  Gert was net 'n aanbieder van die program en ek weet ook nie of hy nog leef nie.

Indien u die immergewilde Anneli van Rooyen ontmoet, moenie woordspelings maak oor haar "Eerste liefde" nie. Mense bly ongehuud vir verskeie redes.

Dit is uiters swak smaak (en mag dalk tot 'n blouoog lei) indien u die sangeres Amore Vittone-Van der Westhuizen vra of sy net kinders kry om in die kollig te bly. Net omdat u dink dat sy 'n betwyfelbare sangtalent het, beteken dit nie dat u haar so mag beledig of, in haar geval, bemoedig nie.

Dit sal onvanpas wees om vir Andre Schwartz te vra of hy mense verkies soos in sy musiekvideo "Ek wil jou nooit weer sien" – manne geklee in vrouedrag.

Dit sal onbeskof wees om, in geselskap met Theuns Jordaan, te verwys na sy stem as 'n "brul van 'n lesbiese leeu". Lesbiese leeus kan nie brul nie.

Rina Hugo sal nie geamuseerd wees indien u haar vra: "Is daai mal spinnekop agter die perkussiestel van Noot vir Noot jou kind?" en "Ek wonder hoe hy daar gekom het?". Wees taktvol en bly maar liewer stil.  Wees bly dat u nie so 'n kind het nie.

Moet ook nie vir Riaan Cruywagen vra wie sy haarkapper is nie. 

Freddi Nest raak blykbaar hoogs die d0nner in as jy vir hom vra:  "Jy het nou die kitaar, waneer begin jy sing?" of "die liedjie,jy's my Na Na Na, wat dit f0k beteken dit?" of "kry jy nie warm met daai leerbaadjie nie?"

One thought on “Etiket met Afrikaanse Sangers”

  1. Ek sal bitter graag n getekende foto van Anneli van Rooyen wil bekom.Dit klink snaaks maar as sy optree op tv kry ek trane in my oë.Dit is n mens daai wat ek graag wil ontmoet voor ek my oë toemaak ek is ongelukkig n pensioenaris en kan nie n vertoning van haar bywoon nie.Ek sal dit opreg waardeer indien daar iemand is wat my kan help of om Anneli van Rooyen in te lig oor my wens.

    Baie Dankie
    Antoon Strydom

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *