Ek het my Afrikaanse eksamen gedop

Hulle het my die volgende gevra:

1. Waarvoor word beesvelle gebruik?om die bees binne te hou

2. Wat is outobiografie?dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar

3. Noem 5 dinge wat melk bevat?kaas, botter en 3 koeie

4. Wat is die verlede tyd van eet?Honger

5. Wat is die verkleinwoord van Oupa?Kleinseun

6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?kleinteef

7. Wat is die doel van die kies- en oogtande?die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerkgoed doen.

8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas…hoe groter haaspastei

9. Wat is die meervoud van kabeljou?kabeljulle

10. ‘n Sin met “ter aarde bestel…””Wie op ter aarde bestel so ‘n groot koek?”

11. Formule vir ‘n sirkel se omtrek:”paai straal kordaat”

12. Wat is teenoorstaande hoeke?Hoeke wat vir mekaar kyk

13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf?Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.

14 . Wat is ‘n terminale siekte?As jy op die lughawe siek word!

15. Vertaal in Afrikaans: “I beg your pardon?”HuH?

16 . Wat noem ons iemand wat velle looi?Onderwyser

17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel?Pepermenttande

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *