Gatiep

Meraai is dieklaagster in 'n verkragtingsaak teen Gatiep.

Sy lewer getuienis indie getuiebank soos volg:

"Nei djou Onner,ek staan nogal soe en eitkyk by my venstetjie na onne toe en ek sien die"Blue Bulls bus" verby kom.

Skielik, soos djy kansê HABANA, verskyn Gatiepie hier vlak agter my.

Hy klap die venstetjievan boe af agter my nek. Vas! En daa staat ek toe – ek kan nie bewieg nie.

Djou Onner, (en sy pik'n traantjie) toe violate hy my somme van agter af!"

Gatiepie se prokureurkom aan die beurt tydens kruisondervraging en vra vir Meraai waarom sy dangeensins geskree het tydens die daad nie.

Haar antwoordvolg ewe kordaat:

"Nei djou Onner,netnou dink die mense ek support die Bulls!"

 

Etiket met Afrikaanse Sangers

Hoe om korrek op te tree wanneer jy jou gunsteling Afrikaanse ster ontmoet:

Indien u Jurie Els raakloop, sal u hom dadelik herken. Hy sal langs 'n afgetrede atletiese figuur loop. Onthou, Jurie sal die korter, gegrimeerde een wees van die twee. Hy hang gewoonlik by vlooimarkte en supermarkte rond, veral waar daar jong seuns is.  Hy hakkel blykbaar van bef0ktgeid as jy hom aanspreek as SA se eie Supermark sanger. Hy is laas gesien in Aukland met 'n T Hemp wat sê:" Wie's jou f0kken Oom"

Wees taktvol wanneer u die sangeres Juanita du Plessis ontmoet. Sy is wel 'n gewilde Afrikaanse ster, maar het nog nie die taal onder die knie nie.  Gebruik klanke soos yoi-yoi en patti-patti indien u met haar wil kommunikeer.

Die jong talent Nadine sal aanstoot vind, indien u haar vra "Wanneer hou jy op?". Onthou, swak smaak verskil.

Indien u ons eie "loslappie" Kurt Darren ontmoet, kan dit tot ongemaklikheid lei indien u te lank staar na sy gesig. Vergewis uself van die feit dan sommige manne ook partykeer grimering dra.

As u Johan Stemmet raakloop, komplimenteer hom omdat hy baie lanklaas 'n musiek-CD vrygestel het. Die kleurvolle onderbaadjie wat hy aanhet, veral in lewende lywe, mag aanleiding gee tot braking, maar dit is ongeskik om dit voor hom te doen. Doen dit liewer binnemonds. Indien u sukkel, oefen solank deur aanhoudend na die liedjie "Pappa se dogtertjie" te luister.

Indien u 'n ongetroude man is tussen twintig en vier-en-tagtig, sal ek aanraai om liewer nie die geselskap van Sunette Bridges op te soek nie.Geen ordentelike, Calvinistiese man moet tot sulke laagtes daal nie.

Wanneer u die gewilde minnesanger Dozi raaksien, kyk op… anders sal hy jou nie sien nie. Maak seker u spreek die "z" korrek uit. Dit is slegte smaak om hom uit te vra oor hoekom sy asem so stink.

Indien u Steve Hofmeyr raakloop, moenie vra vir 'n acapella weergawe van sy treffer "Pampoen" nie – hy mag dit dalk net doen. Indien u tussen die ouderdom van tien en vyf-en-twintig is, mag Steve aanstoot neem indien u vra vir 'n speekselmonster aangesien u dink "hy is jou pappa". As jy 'n gym instrukteur of 'n joernalis is, vermy hom.

Indien u die opkomende talent Robbie Klay ontmoet, vlei hom dat hy sy "mullet" afgesny het. Dit is nie baie goeie smaak om vir iemand onder die ouderdom van twintig te vra hoeveel ongehude kinders hy het nie.  Moet hom ook nie vra wie sy "Oom" is nie of hoeveel Huisgenoot hom per uitgawe betaal nie.

Dit is uiters ongemanierd om in gesprek met die operaster Manuel Escorsio, die woorde ""Porra" en "Is dit jou kafeedaai?" te gebruik.

Indien u die Groep 2 sanger en Wielie Walie aanbieder Gert van Tonder raakloop, sal dit onvanpas wees om te vra of hy enigiets te doen gehad het met die gay kouse wat so in en uit die kas was op die stel van Wielie Walie.  Gert was net 'n aanbieder van die program en ek weet ook nie of hy nog leef nie.

Indien u die immergewilde Anneli van Rooyen ontmoet, moenie woordspelings maak oor haar "Eerste liefde" nie. Mense bly ongehuud vir verskeie redes.

Dit is uiters swak smaak (en mag dalk tot 'n blouoog lei) indien u die sangeres Amore Vittone-Van der Westhuizen vra of sy net kinders kry om in die kollig te bly. Net omdat u dink dat sy 'n betwyfelbare sangtalent het, beteken dit nie dat u haar so mag beledig of, in haar geval, bemoedig nie.

Dit sal onvanpas wees om vir Andre Schwartz te vra of hy mense verkies soos in sy musiekvideo "Ek wil jou nooit weer sien" – manne geklee in vrouedrag.

Dit sal onbeskof wees om, in geselskap met Theuns Jordaan, te verwys na sy stem as 'n "brul van 'n lesbiese leeu". Lesbiese leeus kan nie brul nie.

Rina Hugo sal nie geamuseerd wees indien u haar vra: "Is daai mal spinnekop agter die perkussiestel van Noot vir Noot jou kind?" en "Ek wonder hoe hy daar gekom het?". Wees taktvol en bly maar liewer stil.  Wees bly dat u nie so 'n kind het nie.

Moet ook nie vir Riaan Cruywagen vra wie sy haarkapper is nie. 

Freddi Nest raak blykbaar hoogs die d0nner in as jy vir hom vra:  "Jy het nou die kitaar, waneer begin jy sing?" of "die liedjie,jy's my Na Na Na, wat dit f0k beteken dit?" of "kry jy nie warm met daai leerbaadjie nie?"

Versagtende omstandighede

Geagte meneer die staatsaanklaer,

Ek wil graag my vertoë rig i.v.m . 'n spoedoortreding boete. Of u nie dalk vir my genadig wil wees en die boete wil afbring nie. Ek is op die 13de Maart m.b.v. 'n kamera gevang. Ek het glo 150 k/p/u. in 'n 120 sone gery. Dit was op die N1 tussen Lainsburg en Beaufortwes. Ek weet ek het miskien bietjie vinnig gery, maar as u die rede lees sal u miskien verstaan.  Dis ook darem 'n bloemin skande dat ek so baie geld moet betaal vir 30 km/u oor spoed. Ek werk mos bliksems hard vir my geld. Ek dink in elk geval dis sommer net 'n blerrie geldmaakstorie. Hoekom stop hulle nie liewer die d…… taxies nie. Die goed is al gevaarlik op 60! Soos ek skryf is ek nou besig om my moer te pluk. Dit daar gelaat.
 
Ek ry met 'n groot BMW. Nou sal u vra hoekom ry ek met so 'n blerrie duur kar as ek kla oor die geld. Ek het drie kinders, 'n drieling. Ek wou nie nou al kinders gehad het nie maar toe koop ek mos 'n klomp kondome op special.  Nogal "Made in China". Plaas dat ek toe verder gedink het, dis geen wonder die chinese is oorbevolk nie. Die kondome het toe begin perish. Een aand toe ek weer sien, bly net die rubber ring van die kondoom by my. In elk geval, om drie prêms, carriekotte en dies meer in te pak as ons iewers heen gaan moes ek toe die groot kar koop. Dan is die ding nog f….. swaar op petrol ook Sien meneer, my vrou se tannie op Beaufort Wes is toe mos dood. Ons moes toe begrafnis toe. Ek dag toe, dalk erf my vrou dalk iets. Haar tannie het 'n nuwe TV wat die famielie so saam gepoel het om vir haar te gee. Aangesien my TV se kleur heel betjoins is, dag ek toe dat as ek betyds daar is kan ek dalk die ding claim. Miskien is dit so 'n "First come first serve" boedel besigheid. Op my TV lyk Michaell Jackson of hy skittery het so groen is sy gesig.
 
Ons is die môre vroeg weg uit die Kaap. Ek het heel mooi by die spoed gehou tot net anderkant Lainsburg. Ons BMW ouens is mos bedagsame bestuurders, soos u weet Toe strike die popo die fên. Dit was 'n helse warm dag. Die kar se aircon is ook up to shit in daai hitte. Ons ruik toe skielik dat een van die kleingoed het geskyt. Ek vreet my vrou uit hoekom sy nie gesê het dat ons op Lainsburg moes stop dat sy die kleingoed kon check nie. In elk geval, toe die die ander twee kleingoed ruik die een het geskyt, steek hulle ook aan. En toe stink dit. Ek wil toe stop, maar op daardie verlate vlakte is toe nie een koelteboom naby nie.
 
Meneer, het jy al ooit dit beleef as die hitte mix met babaskyt? Ons kon dit nie meer hou nie. Ek moes toe die venster oop maak om te kan oorleef anders kots ek die kar se dashbord toe. Maar toe kom daar 'n warm lug in wat my gevreet brand dat ek nog 'n week later koorsblare op my bek gehad het.
Bo-op als dit ry ek nog in 'n swerm springkane ook vas. Die geel sop besmeer my hele ruit en 'n klomp spat hier oor my net toe ek my kop deur die venster steek vir vars lug. My sonbril is toe so besmeer dat ek net deur een glas kan kyk. Nog voor ek tot verhaal kom, sal 'n don**rse vlieg nie binne in my bek
beland nie. Ek voel hoe vors die wind die arme ding in my keelgat af. Ek moes toe dem sluk want my oggend se brekfis dreig toe opdraend. Toe sit ek met
'n sooibrand asof ek Durban se koeliekerrie gevreet het. Nou is my moer heel gestrip. Ek trap daai petrol vas in die hoek.
 
Uiteindelik sien ek 'n koelteboom in die verte. Toe ek naderkom sien ek jou wragtig daar staan 'n blerrie bloubaadjie en wys ek moet aftrek. Sy maat staan ewe windgat by die kamera op die driepoot asof hy die ding gemaak het.  Ek trek af so 'n ent verby hulle. Ek vlieg vinnig uit die kar om te keer laat ek nie kots nie. Die bloubaadjie kom so ewe na my kant aangestap met 'n paar bakbene en instêre soos Clint Eastwood van ouds, maar toe ek so uit die kar uit vlie dag hy hy gaan op sy moer kry en stop in sy spore. Ek kyk waar is die beton tafel sodat my vrou die gemors kan opfieks. Jou wragtig, daar staan net die twee voetstukke.Tot die bankies se sitplekke is weg. Dis mos nuwe Suid Afrika Ek vat nog aan die kar se bonnet om te voel of sy dit kan gebruik, maar dit sê eintlik tsst so warm is dit. Sy moes toe maar die sitplekke van die kar gebruik. Ek sukkel nou nog om droë stront uit die kussings te kry.

Toe die spiedkop sien dis veilig kom skryf hy vir my daardie d ….se tieket. Hoe meer ek verduidelik hoe hardegatter raak hy. Ek wys vir hom toe daar so 'n piskruiper verbyry hoekom hy nie daardie ding ook stop nie. Die kar se ruite is pikswart geplak en 'n oliedamp besoedel in die lug. Maar nee, ek is mos 'n soft target. Seker te bang daars 'n AK 47 in die kar.

Om alles te kroon, die begrafnis kos toe vir my 'n moerse lot geld. Die ouvrou het so wragtig die TV aan die outehuis bemaak. Ons kry toe die sikamerstel, maar die een bank se sprieng het geskiet toe my swaer daarop gaan sit en sy gat moes vyf steke kry. Ek sê toe hulle kan die stel maar by die plakkers gaan aflaai. Ek wou nie begrafnis toe gaan nie. Ek het ook nie eers van die ouvrou gehou nie. Nou is my vrou ook moerderig vir my.
Meneer die staatsaanklaer, ek weet jy is nou al gatvol vir my gekla. Ek weet jy gaan ook geen simpatie met my hê nie, so steek maar die versagtende omstandighede ook in jou gat.

Koebaai.

Mnr. Jyhoefoknieteweetwienie

Hoekom n “box” ‘n “boks” is

'n Bietjie Afrikaanse opvoeding op hierdie dag. Oorvertel as die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die waarheid!!!

Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal vergader.

Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste rugbyspan geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories bang gemaak – nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgele kan word nie.

Hy betuig verder sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise teen die skool teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die klaskamers rook nie.

Op die verhoog staan daar twee kartondose.

In hierdie kartondose is daar Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis die ouens wat Bybels in hotelle ens. plaas) aan die skool geskenk is.

Die idee is om vir alle kinders wat nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee.

Omdat hierdie nogal 'n noemenswaardige gebaar is, het twee van die Gideon mense na die Skool gekom om die Bybels te oorhandig.

Die twee sit so half eenkant – weg van die onderwysers af.

Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op na die kinders, en sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee Gideon mense se kant toe en se:

"Julle wonder seker wat hierdie twee dose op die verhoog doen?"

Nodeloos om te se die volgende oomblik het chaos uitgebars en die onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite werd vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle telkens uitgebars het van die lag. Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry nie en die twee dose met Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor verskuif.

N.S.Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie!

Ons het die woord al te veel verniel in Afrikaans.
 

Hoe om n babelaas beter te maak

Om hangovers tefight is actually heelwat makliker as wat mens sou dink. Daar's gewoonlikeen goue reël wat feitlik altyd effektief is.

Moenie drink nie.

Die probleme ontstaan as mens die rëel 'n fokken vetignore kap.
Moeilikheid.
Dus, as jy per abuis reël een oortree, verwys dadelik na reël twee.

Moenie te veel drink nie.

Een word twee, al die ure word happy, lelik word mooi,en twee word een (partykeer sommer op die agterseat).
Steeds is als nie verlore nie.
In tye van transgressie, verwys spoedig na reel drie.

Moenie jou drankies meng nie.

Check alle drankies gaan eventually na dieselfde plektoe, maar net soos in 'n bar meen dit nie altyd almal smaak mekaar nie.

Inteendeel, jy sal vind dis presies hierdie tipemengelmoes wat gaan maak dat jy suffer

Sit neer daai shooter, cowboy.

Teen die tyd dat jy reel drie oortree het is jy klaargefok. Sonder om eers jou broek af te trek.
Dan ewe skielik is dit twee-uur, jy vreet 'n Garage pie oppad huis toe,
en worry oor die moontlikheid van 'n evil hangovertjie wat dalk onder joubed vir jou wag.

Slaap soveel as wat jy kan .

Fokken wil mos.
Lekker rëels breek.
Lekker breker.
Wie's nou smart?
Ouens wat hier uitkom het obviously nie gefokken luister nie en sit nou metdie full-blown, fokken hangover.
Nou moet jy maar slaap pel, en baie ook.
Nog bietjie. Daa'sy.
Trek hom bersie oor hom koppie.

Suip baie water.

Party Moegoes reken sommer die aand wat jy van die jol afkom.
Maar dis bietjie moeilik as jy ingedra word en wakker word met Kots opjou hemp.
Kry vir jou 'n lekker laaang beker water en drink daarvan soveel en sovinnig as wat jy kan.
Kom, jy't mos gewys jy kanbaie drink.
Jy's mos die fokken mek van die plek.
Sluk! Sommer vier Grandpa's ôk.

Eet iets.

Op die stadium is jou lyf hoogs die bliksem in vir jou.
Jy het nie mooi gemaak met jou lyf nie.
Uh-uh. Nou moet daar fokken mooi broodjies gebak word, en een ding wat joulyf verstaan is eetbare bederfies.
As jy rerig wil fokken brownie punte score, skiet vir iets gesonds – even'n slaaitjie. As jou lyf kon het hy/sy jou op die rug geklop.

Party ouens reken mens moet 'n rou eier eet. Al waarvoordit werk is om jou te laat verder kots, en as jy gelukkig is nog salmonella ookte kry. Fokken smart Parra!, nou't jy salmonella en 'nhang-over.

Dom Doos.

Vat 'n shower of 'n bad.

Nou hierdie rëel help beide vir jou asook die mensegeaffekteer deur jou second-hand hangover ..
D.w.s. die arme swape wat jou asem en stink holtes ruik na die aand uit.
Voel bietjie daai wol oor jou tanne?
Hoe dink jy ruik dit vir ander?
Presies.
Hou op 'n aap wees en vat 'n stort.

Trek iets gemaklik aan.

Official hangover wear is pejaamies of sommer 'n ousweetpak met Stou-kies en 'n T-shirt.
Jy wil nie deal met goed wat jou skaaf of knoppe platdruk nie.
Sag en lelik is die wagwoorde hier.

Vat dit rustig.

Drop die blinds, kry 'n bottel Coke, bietjie Nando's enloop rent 'n DVD of twee .
Skuif nou voor die TV in met die remote en relax.

Dit gaan 'n fokken laaaang dag wees.

 

Drie beertjies

Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die tafel, en hy kyk na sy klein papbordjie…

 

"Wie't my pappies geëet?", vra hy in 'n huilerige stemmetjie.

 

Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy groot papbord, en ook die is leeg.

 

"Wie de duiwel het my pap geëet!" vra hy in 'n bulderende stem.

 

Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer.

 

Haar gesig lyk soos 'n hoëveldse donderstorm.

 

"Genugtig, hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses gaan?

 

Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het.

Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het.

Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.

Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan haal.

 

Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.

Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks skoongemaak het.

Dit was Mammabeer wat die kat en die pappegaai kos gegee en versorg het.

En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle TV-kykery gisteraand".

 

"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte ondertoe te sleep en Mammabeer se kombuis met julle befoeterde teenwoordigheid te kom vereer, moet julle nou mooi luister, en goed luister, want ek gaan dit nie weer sê nie…"

 

"Ek. Het. Nog. Nie. Die. Fokken. Pap. Gemaak. Nie!!!"